Sosiale wetenskap

Argeologie is ’n dissipline van sosiale wetenskap.

Sosiale wetenskap is die tak van wetenskap wat handel oor die studie van menslike gemeenskappe en die verhoudings tussen individue binne dié gemeenskappe. Die term is voorheen gebruik vir die veld sosiologie, die oorspronklike "wetenskap van die gemeenskap", wat in die 19de eeu gevestig is. Benewens sosiologie sluit dit nou ’n verskeidenheid akademiese dissiplines in, soos antropologie, argeologie, ekonomie, linguistiek, sielkunde en politieke wetenskap.[1]

Die geskiedenis van sosiale wetenskap het ná 1650 tydens die Verligting begin,[2] toe daar ’n omwenteling in natuurfilosofie plaasgevind en die mens se begrip van wat "wetenskaplik" is, verander het. Sosiale wetenskap het voortgespruit uit die morele filosofie van die tyd en is beïnvloed deur die tydperk van rewolusies, soos die Nywerheidsomwenteling en die Franse Rewolusie.[3]

  1. Robinson, Jane (2005). Nursing History and the Politics of Welfare. Routledge. p. vii. Besoek op 23 April 2020.
  2. Kuper, Adam (1996). The Social Science Encyclopedia (in Engels). Taylor & Francis. ISBN 978-0-415-10829-4.
  3. Kuper, A., en Kuper, J. (1985). The Social Science Encyclopaedia.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search